Patients' Testimonials

Beste Dr Cooper

Ek rig hierdie skrywe aan u  vandag om net weereens my dank aan u te betuig, vir die kalm en professionele  en vriendelike wyse wat u as chirurg my bygestaan het tydens my operasie.

Voor, tydens en na die operasie (Lumpektomie) wat uitgevoer moes word as gevolg van die bevinding van kanker in my regter bors, kan ek waarlik getuig dat ek gevoel het ek was in goeie hande onder u sorg!

U het die prosedure duidelik gemaak  van die voor en nadele in my mediese geval , en ek kon daarna met sekerheid besluit om eerder die Lampektomie wyse te volg in stede van 'n Mastektomie.

Ek wil  hiermee ook melding maak van die vriendelike wyse waarop u ontvangsdame my altyd in u spreek kamers ontvang het, ek kan u verseker dat dit in donker dae my as pasient baie beter laat voel het.

Groete

- Ansie Van Zyl

Graag wil ek namens pasient Neville de Kock baie baie dankie se aan Dr Cooper vir die fantastiese wyse waarop hy Neville se 7 ure lange operasie en daarna 4 maande in die hospitaal hanteer het. 


Neville het op 27 September 2013 oproep van Dr Cooper ontvang dat hy moet aanmeld by N1 Stad hospitaal nadat hy verskeie toetse laat  doen het.  Met ons aankoms het Dr Cooper na Neville se bed gekom en ons haarfyn verduidelik wat hy gaan doen tydens die operasie .  Neville het n "Whipple Procedure" ondergaan 7 ure lange operasie en dr Cooper het  alles op papier vir ons geteken en baie baie duidelik laat verstaan dat dit n baie groot operasie met risiko's is.  Neville was 2 Oktober 2013 ge opereer en het eers 20 Januarie 2014 tuis gekom. 

In die 4 maande wat hy daar was, meestal intensiewe saal weet ons nie wat ons sonder dr Cooper se bystand sou doen nie.   Dr Cooper het gehelp dat Neville na die M-Care kon gaan weens erge verswakking asook later na Intercare.  Dr Cooper het altyd sy foon geantwoord wanneer Neville baie ernstig was.  Hy was aan my en Neville se seun se sy toe ons die ergste verwag het tot na 10nm.  Ons kan nie genoeg dankie se vir die uiters profesionele diens en belangstelling wat Dr Cooper aan sy pasiente gee nie.


Ons dank ons Hemelse Vader dat hy Neville vir ons gespaar het.  n "Wonderwerk" beslis.  Baie dankie Dr Cooper vir al die vriendelikheid en positiewe antwoorde met al ons vrae.   Ons sal u altyd dankbaar bly.  Dankie ook aan Betsie vir al haar berydwilligheid met magtigings nommers, boodskappe en voltooi van al die vorms.

- Mandy & Neville & Gesin

Ek is Liz Kotze.  Ek is in Februarie 2014 deur my huisdokter, Dr. Pilcher verwys na die chirurg Dr Charl Cooper vir 'n knop wat uit my bors verwyder moes word.  Dr Cooper het my na die Radioloë te N1 Netcare Hospitaal gestuur vir 'n  bedradingsbiopsie  Ek het gegaan op sy aanbeveling. 

Ek is met kanker in my regterbors gediagnoseer op 04 Maart 2014.  Ek was baie geskok en hartseer en vrees bevange (ek het dit glad nie verwag  nie) en het baie emosionele ondersteuning gekry van Dr Charl Cooper en sy ontvangs dame, Betsie.  Betsie het dan ook al die reëlings met die mediese fonds behartig en met Reach for Recovery geskakel om my verder te ondersteun.  </p>
<p>Op 27 Maart 2014, is my regter bors en al die onderarm kliere suksesvol; verwyder deur Dr Cooper en die span van N1 Hospitaal. Ek moet ook Dr Colette Spoelstra se naam noem Van Heyns & Vennote Narkotisuers wat die narkose toegedien het en wonderlik tewerk gegaan het voor en na die prosedure. Ek het die goeie nuus ontvang dat die kanker nie verder versprei het nie!


Dr Cooper het my elke dag met 'n glimlag besoek.  Hy het ook die opvolg besoeke, die voorbereiding vir die herstel proses en prostese met baie vaardigheid, geduld en respek hanteer.  Hy het werklik alles moontlik gedoen om die proses so pynvry as moontlik te maak en my so gou as moontlik gesond gekry.</p>
<p>Dis nou ongeveer7 maande na die prosedure en ek het geen pyn of nagevolge nie en voel baie goed.  Danksy Dr Charl Cooper (wat ek altyd dankbaar voor sal bly) en Betsie het ek ook my prostese gekry en kan ek nou weer normaal voel en funksioneer.</p>
<p>Alle eer aan God, Dr Cooper, Dr Spoelstra, Betsie en die personeel van N1 stad Hospitaal. Ek wens Dr Cooper se praktyk net die beste toe en hoor al klaar hoe loop sy naam hom vooruit orals waar ek kom.


Nogmaals baie dankie en vir die geleentheid om my hart te kan oopmaak.

- Tannie Liz

My name is Berinda Elliott. I am 54 years old and was diagnosed with breast cancer in Nov 2013.
I went to my GP after I felt a lump in my breast.  She referred me to Dr Cooper.  My husband and I went to see him (of course very nervous and we wanted to know all the details of the forthcoming treatment)

Since we walked into his rooms we felt at ease as he explained everything so well and in detail and answered all our questions. I felt very comfortable with him being the "new Dr" that would treat me and I have never looked back since.  He referred me to an Oncologist and from there we decided that he will place the chemo port and shortly thereafter I started with my chemo therapy.

He is an absolutely gentleman when it comes to "CARE" and his bedside manner is impeccable.  I have never experienced this kind of treatment before and everybody in the hospital, existing patients in his consulting rooms, as well as his patients in the hospital and theatre staff  was all full of compliments and re-assured me that he is the best and that I am in good hands. He treated me as from Nov 2013 –July 2014.

Thank you Dr Cooper for caring and all your interest in my health even after you have removed the chemo port.

Kind Regards

- Berinda Elliot

comments

- Testimonial